KULTUUR & VCSV 2024
KULTUUR
ATKV REDENAARS
Baie geluk aan Henco Kleynhans, Atlehang Ramadiste en Nkanyiso McCamel wat die skool tydens Augustus by die ATKV-Landsfinaal Redenaarkompetisie verteenwoordig het.
KUNS UITSTALLING
Ons Kuns afdeling het in Augustus ‘n retrospektiewe uitstalling aangebied wat die werk van graad 10, 11 en 12 visuele kuns leerders ten toon gestel het. Die uitstalling het ‘n verskeidenheid kunswerke uitgestal van aanvanklike sketse tot meer gesofistikeerde werke, wat die leerder se ontwikkeling deur die jaar weerspieël. Die uitstalling het nie net hul artistieke prestasies gevier nie, maar bied ook unieke insig in hul persoonlike reis as jong kunstenaars.
CON SPIRITO KUNSFEES
Die volgende leerders het Saterdag, 14 September 2024 die prestige prysuitdeling bygewoon van hierdie Nasionale Kunsfees. Al hierdie leerder was Nasionale Itemwenners en Valia is baie trots op hulle! 31 000 leerders regoor die land het deelgeneem aan die 1ste Rondte en 1500 leerders aan die 2de Rondte wat by Leeuwenhof Akademie gehou was.
Hierdie leerders is:
Juané Bester, Logan Pottas, Roelien Esterhuisen, Katelynn Markos, Abigail Webb, Shimoné van der Linde, Chanel Janse van Rensburg, Emri Prinsloo van Zyl, Leoné du Plessis
Die cheerleaders het as ‘n dansgroep ingeskryf by Con Spirito Kunsfees en hulle item ook gewen!
KOOR
H/S Transvalia was die naweek van die 7de September deel van 'n Koor - Rondomtalie, waar verskeie kore van die Vaaldriehoek deelgeneem het. 'n Ervare beoordelaar het opbouende terugvoering gegee. Dit is dan 'n voorreg om te spog met 4 A++. Geluk aan elke koorlid!
Die koor het ook opgetree by die Vereeniging Kunstefees aan die einde van Augustus waar hulle in sewe verskillende kategorieë deelgeneem het. Die spanning het hoog geloop en die senuwee het geknaag maar elke koorlid het hul beste gelewer en die koor se dissipline was puik. Wel gedaan! Julle het elke sertifikaat verdien!
Prestasies behaal:
A Hear Drum
A+ Afrika
A+ Wellerman
A Champions
B+ Rooi rok
A STARS
A Christelike lied
Die koor het ook 'n groot rol gespeel in die sukses van ons revue, Die Valia Vloot wat ons die jaar aan die einde van Julie aangebied het.
VCSV UITREIK
Op Vrydag 30 Augustus het die Kringe van die VCSV die voorreg gehad om Purr Paws te gaan besoek.
Dit was 'n asemrowende belewenis! Van die oomblik wat ons ingestap het, het die vriendelike atmosfeer en die oulike diertjies ons harte gesmelt. Elke kat en hond het met soveel liefde en warmte reageer, en ons kon nie genoeg kry van hul geselskap nie. Daar is pragtig versorgde diere wat die publiek kan aanneem. Dit het ook vir ons ‘n goeie les geleer dat ons vir al die diere in ons lewe ook dankbaar moet wees!
Baie dankie aan Purr Paws wat ons met ope arms verwelkom het en dankie vir die ervaring wat ons nie gou sal vergeet nie! Ons sal beslis weer terugkeer.