KLEINSPORTSOORTE 2024

SKAAK

Martin Barnard en Rochelle Minnaar het aan die D8 toernooi deelgeneem. Martin behaal ‘n 10de plek. Rochelle behaal ‘n 5de plek en sy kwalifiseer vir Gauteng. Rochelle het 'n 15de plek uit 104 spelers behaal tydens die Gauteng kampioenskappe. Ons is ongelooflik trots op haar. Baie geluk aan al ons spelers.

MUURBAL

Transvalia se eerste muurbalspan het gedurende Julie en Augustus in Poel A aan die Vaaldriehoekliga deelgeneem. Hulle verwerf silwer medaljes.

TENNIS

Transvalia sê spelers het saam WJTA getoer na Ermelo.

Die Akademie span, wat bestaan het uit 4 Valia spelers, het goed gedoen. Hierdie spelers het die volgende resultate behaal:

Wen Ermelo, Wen Garsfontein, Wen Piet Retief, Draw Secunda, Verloor Middelburg, Verloor HTSM

Toernooi rankings

1. HTSM

2. ⁠Garsfontein

3. ⁠Middelburg

4. ⁠WJTA

5. ⁠Secunda

6. ⁠Ermelo

7. ⁠Piet Retief

Dit was n ongelooflike ervaring en elke spelers het die geleentheid baie geniet.

FIETSRY

“CycleLab-Skolereeks”

Baie geluk aan Shanique Marx wat algheel 2de geëindig by die 0/15 dogters afdeling. Sy word uitgenooi na die “Nationals” wat 21 en 22 September by Hoërskool Wagpos plaasgevind het. Jano vd Merwe was algheel 8ste by die o/16-seuns.

Hendrik vd Westhuizen, Daniël Pienaar en Kayley Hayden het hard gewerk en eindig in die top-15 in hul onderskeie groepe.

GHOLF

Graag sê ons baie geluk aan Valia se uitsonderlike gholfspan wat ook nou deel is van 'n merkwaardige stuk geskiedenis. Gedurende die afgelope 9 jaar het Valia se gholfspanne 7 keer die Vaaldriehoek Hoërskole gholfliga gewen asook 7 keer deurgedring na die finaal van die gesogte Noordvaal kompetisie. Wat hierdie prestasie so spesiaal maak is dat hierdie 'n spanpoging soos min was en het die seuns meer as hul kant gebring om die knoop deur te haak. Ons is ook besonder trots op die volgende vier seuns wat die Vaaldriehoek Hoërskole gehaal het nl. Janko Vrey, Wihandre Kruger, Markus Maree en Jean Paul van Dyk. Hierdie 4 seuns gaan die Vaaldriehoek Hoërskole verteenwoordig by die SA Hoërskole Nasionale Toernooi in September in Durban. Ons sê vir hulle baie sterkte met hul voorbereiding. Ons weet dit sal sommer baie goed met hulle gaan.

Gholf liga span

Matteo Pollack, JK Venter, NF van Tonder, Markus Maree, Tiaan Kruger, Janko Vrey, Wihandre Kruger, Jean Paul van Dyk, Luan Burger, Wernich Tonsing, Jayden Kuhn, Christopher Smith, Henru Barnard en Ayden Bolton.

Vier Valia spelers wat die Vaaldriehoek span gehaal het en aan die SA Hoërskole Toernooi gaan deelneem in Durban vanaf 21 - 24 September

Jean Paul van Dyk, Janko Vrey, Wihandre Kruger en Markus Maree

LANDLOOP

VAALDRIEHOEK LIGA FINALE

Die Vaaldriehoek Landloopliga lê ‘n goeie fondasie vir fiksheid en deursettingsvermoë, wat by alle sportsoorte nodig is. Valia het baie goed presteer.

Michaela Cowen is as die beste Junior Dogter en Selna van As as die Beste Senior Dogter van die liga aangewys. Ons is baie trots op hulle.

Die dogters (Senior en Junior) was algeheel tweede.

Die seuns eindig algeheel vierde.

Valia is algeheel naaswenners van die liga.

INDIVIDUELE PRESTASIE

"Klein botteljies, groot gif" - dis waar in die geval van Selna van As. Sy was algeheel 3de by die Gauteng kampioenskappe en eindig algeheel tweede by die SA Landloop Klub Kampioenskappe. Ons is baie trots op jou.

Previous
Previous

KULTUUR & VCSV 2024

Next
Next

NETBAL 2024 - Fast 5