NUUS - Kwartaal 1 van 2024
It all begins with an idea.
AKADEMIE
MATRIEKUITSLAE 2023
Ons is baie trots om aan te kondig dat Hoërskool Transvalia 'n 97.13% slaagsyfer gehad het vir graad 12-leerders in 2023. Ons het ook die kwaliteit van die uitslae verbeter met 240 onderskeidings. Universiteits vrystelling was 77,83%, 'n verbetering vanaf die 77,6% in 2022.
Ons uitstekende resultate plaas ons as die beste presterende skool in die distrik en Vaaldriehoek.
VITA ACADEMIA NOVEMBER 2023
Weereens baie geluk aan elke Vita lid, dit bly 'n besonderse prestasie en 'n eer om op die klub te dien.
SPORT EN KULTUUR
Die skool was betrokke by 'n verskeidenheid sport- en kultuuraktiwiteite vir die duur van die eerste kwartaal, wat atletiek, hokkie, netbal, rugby, grasperke, krieket, bergfietsry, muurbal, koor, skaak en VCSV ens. ingesluit het.
Die buitemuurse aktiwiteite van die skool is goed op dreef.
RUGBY, HOKKIE & NETBAL
In die eerste kwartaal het die spelers en afrigters hoofsaaklik op kondisionering en vaardigheidsopleiding gefokus om voor te berei vir die lang seisoen wat voorlê. Al die sportsoorte het proewe gespeel en spanne is gekies. Die seisoen het die volgende week begin met ons eerste wedstryde in die NWU Skolesportreeks teen HTS Middelburg afgeskop en daarna was daar nog twee bepalings teen HS DR EG Jansen en HS Kempton Park onderskeidelik.
Die sportsoorte was almal op toere gedurende die vakansie.
RUGBY TOERE
Die 0/16-span toer na Voortrekker Bethlehem vanaf 19 Maart 2024 tot 23 Maart 2024. Die 0/14- en 0/15-spanne toer na George en speel in die Kwagga-week vanaf 20 Maart 2024 tot 25 April 2024. Die eerste rugby span sal van 19 Maart 2024 tot 25 Maart 2024 na Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch toer.
Daar is 'n groot positiewe energie en intensiteit in Valia Wintersport en die spelers en afrigters werk so hard as wat hulle kan om Valia se naam hoog te hou en al ons ouers, onderwysers, ondersteuners en borge trots te maak.
VALIA HOKKIE ASTRO
Die 29ste Februarie 2024 - 'n droom wat 'n werklikheid geword het in die Valia Hokkie familie! Daar was 'n groot behoefte aan 'n astro vir ons dogters en seuns. Met 'n groep entoesiastiese ouers, beheerliggaam en skoolbestuur het ons dié projek aangepak. Gister was die kersie op die koek met die amptelike grondbreek van ons nuwe astro. Ons bedank al die betrokke rolspelers wat tot dusver toe gehelp het sowel as al die besighede wat al 'n bydra gemaak het, maar ons het almal se hulp in die gemeenskap nodig om die projek te kan finaliseer. Hou ons media dop vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak.
ATLETIEK
Die atletiekseisoen was 'n kort en besige maar suksesvolle seisoen vir ons skool. Na die Interhuisbyeenkoms is 'n atletiekspan saamgestel om aan opkomende byeenkomste deel te neem. Hierdie jaar het ons atletiekspan uit sowat 244 atlete bestaan. Massadeelname was die doelwit gedurende die eerste twee weke waarna die atletiekspan tot 2-3 atlete per byeenkoms verminder is.
By die C1-byeenkoms het 140 atlete van ons skool deelgeneem. 120 van ons atlete het gekwalifiseer om aan die D8-byeenkoms deel te neem en 'n uitstekende aantal van 58 atlete behaal 'n 1ste of 2de plek by om die D8-span te haal en ons distrik by die Gauteng-kampioenskap te verteenwoordig.
Op 01/03/2024 en 02/03/2024 het hierdie atlete aan die Gauteng Kampioenskappe in Germiston deelgeneem. Ons atlete het tydens hierdie byeenkoms uitgeblink. 20 atlete het 1ste tot 5de posisies behaal, waarvan 12 atlete gekwalifiseer het as deel van die Gauteng Skole Atletiekspan wat vanaf 03/04/2024 tot 05/04/2024 aan die Nasionale Kampioenskap in die Paarl gaan deelneem. Die AVT-span is nog nie aangekondig nie. Ons glo dat baie van ons atlete sal kwalifiseer vir deelname aan die ASA-byeenkoms in Pretoria vanaf 21/03/2024 tot 23/03/2024.
Vanjaar het ons Top Atlete aan Noordheuwel se Top 15 byeenkoms deelgeneem, ons Meisiesspan het aan die Curro Podium Prestige byeenkoms deelgeneem en die skool se atletiekspan het aan die NWU Interskole byeenkoms deelgeneem. Hierdie jaar het Transvalia 4de geëindig in die B-afdeling by die Super 16. Ons dogters het die B-afdeling gewen terwyl die seuns in die 7de plek eindig.
Baie geluk aan ons atlete, afrigters en ouers met 'n skitterende atletiekseisoen. Baie geluk aan die atlete wat puik presteer het en ons skool met trots verteenwoordig het.
MUURBAL
Muurbal het in Februarie begin oefen. Nuwe spelers is gretig om te speel. Hulle kry goeie afrigting. Geslote Vaaldriehoek muurballiga vind plaas vanaf 4 Maart -14 Maart. Drie spelers van die eerste span neem deel. Besig om gereed te maak vir NWU-toernooi wat in April sal plaasvind.
SKAAK
Hoërskool Transvalia was bevoorreg om aan die Alex Forbes Battle “Boards”-kompetisie deel te neem. Wedstryde is op 10 Februarie 2024 gespeel. Transvalia het uitgeblink en was een van die top agt skole in Gauteng.
Ons het ook op 24 Februarie 2024 aan die “Nationals” deelgeneem en uitstekend gevaar. Ons het in die 17de posisie in die land geëindig. Hierdie kompetisie was 'n wonderlike geleentheid vir ons skaak leerders en ons sien beslis daarna uit om volgende jaar weer deel te neem.
KRIEKET
Ons is besig om die krieketnette en ander krieketfasiliteite op te gradeer. Die krieketsessies sal volgende kwartaal in volle swang begin. Intussen word beplanning rakende moontlike fondsinsameling, afrigtingstrukture, krieketklinieke en reekse, toere, klere ens. gedoen.
Die 1ste XI-krieketspan het wel aan die Johnny Waite-krieketreeks deelgeneem en is as Afdeling 3-kampioene gekroon. Die span het briljante vertonings gelewer met hul resultate soos volg:
Johnny Waite Kwarteindstryd - 14 Feb '24 - @ Home vs De La Salle - Wen met 90 lopies
Johnny Waite Halfeindstryd - 21 Feb '24 - @ Home vs King's College - Wen met 91 lopies
Johnny Waite Finaal - 28 Feb ’24 - @ Old Eds vs Christ Church - Wen met 47 lopies
Dit is belangrik om ons krieketspelers dieselfde geleenthede en blootstelling as alle ander skolesportsoorte te gee. Spelers wat nie aan wintersport deelneem nie, moet voortgaan met oefen en krieketsessies bywoon. Daar sal deur die jaar afrigting- en oefensessies vir ons krieketspelers wees.
ROLBAL
Die volgende spelers sal in Maart 2024 in Bloemfontein aan die Rolbal Suid-Afrika Interdistrikskompetisie deelneem: Rico Smith, Simoné Steyn, Alexander Badenhorst, Hanro Smith, Sonya Fourie, Tanya Fourie en Theunis Kruger.
SKOOLKOOR
Ons het koor oudisies gehou. Die koor bestaan tans uit 70 koorlede van graad 8 tot 12. 'n Vergadering is gehou waar alle relevante datums bespreek is en nuwe musiek waar gekies is. Ons sien uit na 2 verskillende Kunstefeeste asook 'n werkswinkel en Skool Revue. Die koorlede het 'n wedersydse liefde om te sing en om ander te seën.
BERGFIETSRY
Al is dit net die begin van die seisoen, toon ons ruiters groot krag! Ons ryers neem deel aan ander wedrenne wat nie skool verwant is nie. Hulle gebruik dit as voorbereiding vir die skoolresies. Ons mees prominente ruiters wat aan die XCO-wedrenne deelneem is
Jano van der Merwe wat besonder goed vaar, gevolg deur JP van Dyk, Kian Smith, Lohan Kasselman. Shanique Marx presteer in die dameswedrenne en maak seker sy is 'n krag om in gedagte te hou. Alhoewel ons begin met 'n nuwe groep ruiters, en 'n nuwe afrigter, is hulle almal baie positief en toegewyd om hul beste te gee om ons almal trots te maak.
Die eerste skolewedren is die NWU-Kleinsport, wat op 4 April 2024 in Parys plaasvind.