VALIA 2026
Voornemende Gr. 8’s van 2027
JOU TOEKOMS. JOU KEUSE. JOU VALIA.

Waarom Valia?
Topklas akademiese standaarde
Sport- en kultuurprestasies van hoogstaande gehalte
Moderne fasiliteite: AstroTurf-hokkieveld & hoëprestasie-oefensentrum
Koshuisverblyf & gerieflike busroetes
’n Skool van Tradisie • Trots • Samehorigheid
Word deel van ’n waardegedrewe skool waar jy kan groei, ontwikkel en jou beste self wees!
6 Mei 2026
Skoolbesigtiging: 16:00 – 18:15
Ouerinligtingsessie: 18:30 (Skoolsaal)
Gr. 7-sessie: 18:30 (Buite)
Aansoekvorms is reeds beskikbaar op ons webtuiste – dien dit saam met alle nodige dokumente in.
GDE-aanlyn aansoekproses volg binnekort.
Volg gerus die onderstaande skakels:
WhatsApp-groep vir deurlopende kommunikasie:
https://chat.whatsapp.com/DTm3dGoZODSCs59VPlVNye?mode=gi_t
Google Form – voltooi asseblief vir belangrike inligting rakende u Gr. 7-leerder:
https://docs.google.com/.../1FAIpQLSdFMAhQGPh.../viewform...
Wees gereed vir jou volgende hoofstuk!
JOU DROOM. JOU PLEK. VALIA VIR JOU.
#TTT #TrotsTradisieTransvalia #Gr82027

VLR Bestuur vir 2026

Hoërskool Transvalia | VLR Bestuur 2026

Baie geluk aan ons nuutverkose VLR Bestuur vir 2026!

Mag die jaar wat voorlê vir elkeen van julle gevul wees met groei, seëninge en trots in diens van jul skool en medeleerders.

Seuns

Eduann Raubenheimer (Tesourier)

Christiaan Snyman (Onderhoofseun)

Gerhard Cloete (Hoofseun)

Dogters

Lumé van Rensburg (Hoofdogter)

Logan Pottas (Onderhoofdogter)

Megan van Wyk (Sekretaresse)

#TTT #TrotsTradisieTransvalia #VLRBestuur2026

 

Ons Sport

Transvalia se sport sal voetspore van kameraadskap, karakterontwikkeling en deursettingsvermoë in elke leerder kweek.

Rugby, netbal, hokkie, atletiek, tennis, krieket, Gholf, Muurbal, Rolbal, fietsry, landloop, skaak en buitesport.. in elkeen van hierdie sportsoorte ontwikkel en bou ons leerders wat verstaan van harde werk, en om te kan val en weer op te staan! Leerders wat nederig en opreg die kompetisie aanvat.. Sport bied die geleentheid vir fisiese oefening, en sosiale interaksie.

 

Ons Skool

Hoërskool Transvalia is 'n instansie vir kinders om tot hulle volle potensiaal en onder gebalanseerde omstandighede te ontwikkel.  Hier word gewerk en gespeel en elke stadium begelei deur 'n onderwyskorps wat kinders ken en verstaan.

As 'n suiwer Afrikaanse skool wat Christelike beginsels navolg en op soveel moontlike wyses aan leerders oordra, glo ons dat ons taal en geloof altyd hoë prioriteit sal geniet.

Gemeet aan prestasies op akademiese-, sport- en kultuurgebied, slaag ons in ons doel om leerders tot hoër hoogtes te rig. Uitstekende uitslae in die klas, op die sportvelde en op die verhoog, verseker dat leerders met hul talente kan woeker.

'n Verdere voordeel is 'n wye vakkeuse, pragtige terrein en fasiliteite, veilige omgewing, streng dog regverdige dissipline en 'n rustige atmosfeer. In liefde word leerders tot volwassenes begelei sodat jy met 'n gebalanseerde lewensuitkyk, jou toekoms as volwassene kan te gemoed gaan.

Maak seker dat u ons kontak oor enige vrae.