NETBAL

Ons program is weereens volgepak met opwindende uitdagende wedstryde wat vir volgende jaar voorlê.

NWU Superskolereeks deelname.

Sedibengliga, waaraan alle skole in die Vaaldriehoek deelneem. Indien ‘n span in hierdie liga in die top twee posisies eindig, dring hul deur na die Gautengkampioenskappe. Ons is die enigste skool in die Vaaldriehoek wat spog met 13 spanne. In 2024 het die volgende spanne deurgedring na die Gauteng-kampioenskappe

Eerstespan

0/17A

0/16A

0/15A

Die 0/16A Netbal span van 2023 het geskiedenis gemaak om een van min spanne in die Vaaldriehoek te wees wat onder die Top 5 posisies in Gauteng beklee en sodoende te kwalifiseer vir die SASN Kampioenskappe.

Lewendige beeldsending van meeste van ons wedstryde gedurende die jaar.

Gauteng deelname 2024

Die volgende twee dogters is verkies in die Gautengspanne:

0/14 Nicole v Wyngaardt

0/17 Dudu Malindi

Bepalings vir 2025 - Kliek hieronder om die program vir die jaar te kry