KRIEKET 2024
Die krieketliga het op Dinsdag 20 Augustus 2024 begin. Die voorseisoen het bestaan uit 'n paar vriendskaplike wedstryde tussen ons spanne. Transvalia speel in die Sedibeng Hoërskoleliga.
Krieketspanne wat in die liga ingeskryf het:
1ste
2de
Meisies span
0/15A
0/15B
0/14A
13 wedstryde is tot dusver gespeel, met Transvalia wat 12 van die wedstryde gewen het. Ons spanne is in 'n sterk posisie op die log-tabel geplaas om volgende kwartaal na die uitspeelrondes te vorder.
Ons is klaar met die opgradering van ons krieketnette. Spelers kan nou in behoorlike fasiliteite oefen. Ons het nuwe klere vir ons Krieketspanne ontwerp. Dit is vir ons belangrik dat ons nie net goeie krieket speel nie, maar ook goed lyk op die veld.
Dit is belangrik om ons krieketspelers dieselfde geleenthede en blootstelling as alle ander skolesportsoorte te gee. Spelers wat nie aan wintersport deelneem nie, moet voortgaan met oefen en krieketsessies bywoon. Daar sal deur die jaar afrigting- en oefensessies vir ons krieketspelers wees.
Transvalia sal in Oktober en November die SPL (Sedibeng Premierliga) vir laerskoolkrieketspelers aanbied. Dit sal 96 spelers van regoor die Sedibeng-omgewing die geleentheid gee om met en teen mekaar te speel, nuwe vriende te maak en die sport waarvoor hulle lief is, te geniet.
Individueel vaar ons krieketspelers uitsonderlik. Met 2 dogters en 7 seuns gekies vir verskeie Sedibeng-spanne:
Sedibeng Meisies - Minette van Dijk & Sonya Fourie
Sedibeng O/15 - Declan Steinmann, Jeanre Barnard, Waldo Mc Lean & Aden Matthee
Sedibeng O/16 - Janco Jacobs
Sedibeng O/18 - Nandus Mc Lean & Kyle Cutler