RUGBY 2024
VALIA Rugby 2024
SDC Noordvaal Afdeling 1 Plaat Finaal
Wat 'n onvergeetlike jaar vir Valia Rugby. Ons was bevoorreg genoeg vandag om eerstens die finale tuis op ons eie bodem te kon aanbied en tweedens het ons 3 Spanne in die finale gehad
Transvalia het 6 van die 9 ligas in die SDC Noordvaal Plaat afdeling gewen.
1ste XV Wenner van die SDC Noordvaal Plaat Beker (eerste keer sedert 2013).
2de XV Wenner van die SDC Noordvaal Plaat Beker.
3de XV Wenner van die SDC Noordvaal Plaat Beker.
0/16A Halfeindstryds van die SDC Noordvaal Plaat Beker.
0/16B Wenner van die SDC Noordvaal Plaat Beker.
0/15A Naaswenners van die SDC Noordvaal Plaat Beker.
0/15B Wenner van die SDC Noordvaal Plaat Beker.
0/14A Wenner van die SDC Noordvaal Plaat Beker.
0/14B Eindig vyfde in die liga.
Ons was ook amptelik aangewys as die algehele wenner skool van ons liga
Ons 0/14A span het die dag afgeskop en baie goed begin om die finaal te wen teen HS Oos-Moot 15-8. Baie geluk aan elke seun en die afrigters en dankie vir die harde werk wat julle die jaar ingesit het en opreg beloon was.
Die 0/15A span het baie hard baklei op die veld en regtig hulle bes probeer maar ongelukkig was dit nie ons dag nie. Ons verloor die wedstryd teen HS Middelburg 15-10 maar stap weg as naaswenners en kan trots voel, baie dankie aan elke seun en die afrigters.
Ons 1ste span het niks minder as 'n titaniese stryd verwag nie teen HTS Middelburg. Die wedstryd was kliphard gewees en nie een van die 2 spanne wou bes gee nie. Die wedstryd eindig gelykop 24 elk en die 2 spanne deel die beker
Baie geluk aan ons manne in ligblou en die afrigters, julle het karakter getoon en nooit ophou baklei nie.
7’s Rugby
Transvalia 0/17 Sevens eindig as naaswenners by die Valke Toernooi.
Transvalia 0/15 Sevens eindig is wenners gewees van die Valke Toernooi.
Transvalia word as die beste 7’s skool in die Provinsie gegradeer.
Dankie aan al ons borge wat ons oudergewoonte gehelp het die jaar en aan elke ouer en toeskouer wat ons getrou ondersteun het. Laastens baie dankie vir elke speler en afrigter vir nog 'n wonderlike seisoen
Ons sien alreeds uit na 2025