VLR Bestuur vir 2025
Baie geluk aan elkeen van julle 👏🏼
Mag 2025 net 'n seëning vir ieder en elk wees en sterkte met die taak wat voorlê. 🙏🏼
Vlnr:
Dihan Crause (Tesourier), Wihandré Kruger (Onderhoofseun), Juan Bisschoff (Hoofseun), Marli Jv Rensburg (Hoofdogter), Nanje vd Reede (Onderhoofdogter) en Carla v Schalkwyk (Sekretaresse)
VALIA Rugby 2024
SDC Noordvaal Afdeling 1 Plaat Finaal
Wat 'n onvergeetlike jaar vir Valia Rugby. Ons was bevoorreg genoeg vandag om eerstens die finale tuis op ons eie bodem te kon aanbied en tweedens het ons 3 Spanne in die finale gehad
Ons was ook amptelik aangewys as die algehele wenner skool van ons liga
Ons 0/14A span het die dag afgeskop en baie goed begin om die finaal te wen teen HS Oos-Moot 15-8. Baie geluk aan elke seun en die afrigters en dankie vir die harde werk wat julle die jaar ingesit het en opreg beloon was.
Die 0/15A span het baie hard baklei op die veld en regtig hulle bes probeer maar ongelukkig was dit nie ons dag nie. Ons verloor die wedstryd teen HS Middelburg 15-10 maar stap weg as naaswenners en kan trots voel, baie dankie aan elke seun en die afrigters.
Ons 1ste span het niks minder as 'n titaniese stryd verwag nie teen HTS Middelburg. Die wedstryd was kliphard gewees en nie een van die 2 spanne wou bes gee nie. Die wedstryd eindig gelykop 24 elk en die 2 spanne deel die beker
Baie geluk aan ons manne in ligblou en die afrigters, julle het karakter getoon en nooit ophou baklei nie
Dankie aan al ons borge wat ons oudergewoonte gehelp het die jaar en aan elke ouer en toeskouer wat ons getrou ondersteun het. Laastens baie dankie vir elke speler en afrigter vir nog 'n wonderlike seisoen
Ons sien alreeds uit na 2025
VALIA Hokkie 2024
Baie, baie geluk aan ons o/14 Hokkie Dogters wat die afgelope naweek aan die Noordvaal Grootskole B Toernooi deelgeneem het en GEWEN het.
Hierdie dogters het vir 4 dae harde hokkie gespeel. Hulle het Lydenburg, St Mary’s en Northcliff in hul poel wedstryde geklop. Daarna het hul hul pad na die finaal oopgespeel deur EG Jansen in die kwartrondte en Hugenote in die Semi-finaal uit te skakel.
Die finaal teen Rustenburg was n skouspel van goeie hokkie. Altwee spanne het vewys dat hul daar hoort en die wedstryd net na volle speeltyd gelyk geëindig op 1-1.
Transvalia wen uiteindelik 4-2 met die 8sek.
Ons is ongelooflik trots op hierdie meisies en hul afrigters!
VALIA Netbal 2024
Die volgende spanne dring deur na die Gauteng-kampioenskappe
Eerstespan
0/17A
0/16A
0/15A
LOR vir 2025
VLR Bestuur vir 2024
Baie geluk aan ons nuwe bestuur van 2024. Dit bly 'n groot voorreg en eer en ons weet elkeen van julle verdien dit en sal julle beste gee vir Valia 👏🏼🙌🏼. Besonderse woord van dank vir ons bestuur van 2023 wat 'n mooi voorbeeld soos altyd nalaat en sterkte met die laaste eksamens wat voorlê. 🙏🏼
Voor vlnr:
Joggie Malherbe (Tesourier), Siyabonga Khambule (Onderhoofseun), Zander Botha (Hoofseun), Amoné Pienaar (Hoofdogter), Shalaine vd Berg (Onderhoofdogter) en Karla Snyman (Sekretaresse)
#TTT #TrotsTradisieTransvalia #VLRBestuur2024
Hoekom Transvalia?
Ons Akademie
Ons Sport
Transvalia se sport sal voetspore van kameraadskap, karakterontwikkeling en deursettingsvermoë in elke leerder kweek.
Rugby, netbal, hokkie, atletiek, tennis, krieket, Gholf, Muurbal, Rolbal, fietsry, landloop, skaak en buitesport.. in elkeen van hierdie sportsoorte ontwikkel en bou ons leerders wat verstaan van harde werk, en om te kan val en weer op te staan! Leerders wat nederig en opreg die kompetisie aanvat.. Sport bied die geleentheid vir fisiese oefening, en sosiale interaksie.
Ons Skool
Hoërskool Transvalia is 'n instansie vir kinders om tot hulle volle potensiaal en onder gebalanseerde omstandighede te ontwikkel. Hier word gewerk en gespeel en elke stadium begelei deur 'n onderwyskorps wat kinders ken en verstaan.
As 'n suiwer Afrikaanse skool wat Christelike beginsels navolg en op soveel moontlike wyses aan leerders oordra, glo ons dat ons taal en geloof altyd hoë prioriteit sal geniet.
Gemeet aan prestasies op akademiese-, sport- en kultuurgebied, slaag ons in ons doel om leerders tot hoër hoogtes te rig. Uitstekende uitslae in die klas, op die sportvelde en op die verhoog, verseker dat leerders met hul talente kan woeker.
'n Verdere voordeel is 'n wye vakkeuse, pragtige terrein en fasiliteite, veilige omgewing, streng dog regverdige dissipline en 'n rustige atmosfeer. In liefde word leerders tot volwassenes begelei sodat jy met 'n gebalanseerde lewensuitkyk, jou toekoms as volwassene kan te gemoed gaan.
Maak seker dat u ons kontak oor enige vrae.


































